Friday, November 30, 2007

SATM begin met werwing

SATM begin met werwing

Uiteindelik het dit begin! Ons het nou amptelik afgeskop en begin nou met werwing van SATM lede.

Ons het ‘n DVD gemaak sonder kopiereg, wat so vinnig moontlik gedupliseer en versprei moet word. Daar is twee onsensitiewe flitse op die DVD wat ‘n mens bietjie meer insig op die misdaadprentjie in die land gee.

Ek het gevoel dat dit nodig is om dit te doen. Vandag is daar weer vier mense by drie geleenthede vermoor. Om een of ander rede wil mense dit eerder nie weet nie. Dit voel vir my of mense hoop dat dit sal weggaan. Hulle wil nie met die waarheid gekonfronteer word nie. Die waarheid maak hulle bang. Hulle sal eerder verkies om onkundig in ‘n droomwêreld te leef tot dit eendag hulle beurt is om vermoor te word.

As ek geld gehad het sou ek 2000 van die DVD wou druk en versprei sodat mense kan sien dat daar hoop is. Ons kan nie misdaad oorwin nie. Ons het dit reeds oorwin. Die ongeluk is dat elkeen vir homself moet wen en ons krag kom eers wanneer totale gemeenskappe met kennis bemagtig is en as ‘n gemeenskap ‘n front teen misdaad begin vorm.

Ons kan nie teen misdaad wen as ons nie bereid is om te leer nie. Mense wat te bang is om die geheime van die nuwe Suid-Afrika te leer moet tog net terwille van hulle kinders die kennis opdoen. Moenie dat jou kinders vermoor word omdat jy te bang was om iets positiefs te leer nie.

Jy het nie nodig om bang te wees nie. Die wat die kennis het wen reeds sonder geweld. Ons kan met kennis in ‘n land van chaos in vrede oorleef.

8 comments:

Marile Behrens said...

Hi Lukas

Ek wil graag help waar ek kan...ek lees van die DVD wat julle wil dupliseer...ek het n DVD program om dit te sny...as dit nie onwettig sal wees nie, sal ek help met die duplisering...

Marile

Lukas said...

Baie dankie Marile.

Nee dit is nie onwettig nie en ons moet soveel as moontlik van die goed maak en versprei.

Die DvD word goed ontvang en ek wens ons kon iewers geld kry om sommer ‘n klomp van die goed te maak.

Ons sal seker binnekort terugvoering van die mense kry wat dit reeds gesien het. Baie dankie vir jou aanbod en epos vir my jou pos adres dat ek vir jou een kan stuur.

Groete
Lukas

Marile Behrens said...

Hi Lukas

Ek het 'n vraag....hoeveel geld praat jy van wat nodig is vir die DVD....? So rof weg geskat...dalk kan mens plan sien...my bynaam is nie verniet marile plannetjies nie...he he he

gerhard said...

Lukas ek het iets oor jou Afrikatekens webbladsy geskryf waarop jy miskien moet reageer. Sien hier.

Lukas said...

Ha HA. Dit is vir my regtig baie snaaks. Kan ek asb hierdie gedeelte onder Humor op my forum plaas ? nl.

"Hier doen ek nou iets wat ek self nie goedkeur nie - om ‘n boek wat ek nie gelees het nie te kritiseer."

Ek sien dat jy darem die resensie in die Kakkerlak tydskrif gelees het. 'n Mens kan darem nie se dat jy niks gelees het nie.

‘n Mens kry in die mark jou vinnige aanvaarder, medium aanvaarders en jou stadige aanvaarders. Dit is normaal. Om skepties te wees is volgens my ook ‘n baie goeie eienskap. ‘n Mens moet nie alles glo wat jy hoor, lees en sien nie. Dinge moet getoets word.

Dit lyk vir my of daar drie maniere is om onderwerpe te toets.

1. Die eerste sou ek reken is om self genoeg inligting van verskillende bronne te bekom sodat mens dit op grond van jou eie insig en bewyse kan toets.
2. Die tweede manier is seker om self te gaan uitvind hoe die dinge werk en dan vir jou self te toets of dit moontlik is of nie.
3. Die derde metode is seker om mense te koggel, te spot of om in twyfel te trek, wat ‘n tipe aggressie wek waardeur die sogenaamde beskuldigde dan sy saak moet verdedig.

Hierdie verskillende benaderings bestaan seker sedert die mens geleer het om te praat. Nee ek dink ek is verkeerd. Ek dink dat die derde metode seker ontstaan het na die mens se hoogmoed ontwikkel het.

Persoonlik hou ek nie van die derde metode nie en reageer gewoonlik nie daarop nie.

Waarom probeer jy nie jou antwoorde by AKSKA of SATM soek nie ? Of is dit eerder omdat jy meer lesers op jou eie forum soek dat jy die skakel reguit na jou forum lei. Dit bring weer by ‘n ander vraag. Waarom sal mens jou eie forum onder ‘n skuilnaam bedryf?

Ek weet waarom provokateurs dit sal doen maar wat is jou rede ?

As jou plan is om mense na jou blog te sleep kan dit dalk werk. Ons het verlede jaar meer as 500 000 trefslae gehad.

Nou sal mens net moet wag en kyk of die mense vertoue in 'n blog met 'n anonieme eienaar sal hê. Tyd sal seker leer.

Jy bly welkom om jou vrae by die AKSKA forum te plaas en as jy dit nie op kry nie kan jy dit vir my e-pos na lukas@akska.co.za Ek sal dit enige tyd vir jou op die forum plaas.

Sterkte.

gerhard said...

My vraag wat ek reeds op my blog gestel het, en wat jy blyk te vermy, is waarom die voornemende koper van jou boek en DvD op die Afrika-tekens webbladsy afgedreig met:

“Vir die wat hoogmoedig en te slim is om van die vyand se metodes teen ons te leer, sal Jesaja 5 vanaf vers 13 spoedig ‘n werklikheid word. Wanneer jy met hierdie dinge die spot wil dryf, hou tog net in gedagte wat met die spotters van Noag, Josef, Moses, Jakob, Elisa en soveel ander gebeur het”

Lukas said...

Omdat dit my oortuiging is.

Marile Behrens said...

He he he...hier kom 'n ding!
Alleman ek dink jy moet eers navorsing gaan doen...of beter lees eers die Akska boek...dan kom gesels jy weer...he he he